Timmertjokkers - Stokperdjiesentrum
Die GROOT Ontbyt
Philip Meyer oor ‘n projek om jongmense houtwerkvaardighede te leer | 2 Mar 26
Kliek op die foto om te gaan na die YouTube link
Die Probleem
Wie?
Timmertjokkers is 'n stokperdjiesentrum vir seuns
Waar?
Danville en Elanspoort, in die weste van Pretoria
Hoekom?
Ons het bewus geraak dat daar baie seuns is wat met gebrekkige of sels geen positiewe, manlike rolmodelle groot word.
Oplossing!
Ons gebruik houtwerk as voertuig om vir seuns te leer hoe ‘n Christenman behoort te leef. Die seuns kom een maal per week werkswinkel toe vir 90 minute waar hulle verskillende vaardighede aanleer, en kan dan die projekte wat hul maak huis toe neem.Hier werk ons, kuier ons, speel ons en ons laat ons Lig skyn!
